Die Solidariteit-Helpende Hand se Hermanus-tak beoog om weer hierdie jaar die inwoners van Huis McMillan in Hermanus te ondersteun deur aan hulle toiletware te voorsien.
“Almal ondervind uitdagings as gevolg van hoër lewenskostes en vir sommige is basiese benodigdhede soos toiletware ’n luukse. Ons doen ’n beroep op ons ondersteuners om te help met die skenking van toiletware. Ons wil graag vir 24 mans en 12 vroue ondersteun,” het die woordvoerder gesê.
Van die toiletware wat hulle benodig is: stortseep (300ml), sjampoe (300ml), lyfroom (300ml), aanrol-reukweerder, tandepasta, tandeborsel, lipsalf, ’n waslap, lekkergoed soos koekies of suiglekkers of ’n finansiële skenking.
Vir nog inligting, bel Susan Prinsloo by 082 647 7958 of Alet Coetzee by 083 269 3673.



