Die o.13-meisiesrugbyspan van Hawston Primêr is dringend op soek na borge.


Dit is deel van hul DNS. . . Rugby is in hul bloed. . . Hulle eet, slaap droom rugby . . .

Dit is alles hoe familie die o.13-meisiesrugbyspan van Hawston Primêr beskryf. Die meisies, wat almal droom om eendag soos die plaaslike Springbok, Aseza (Blommie) Hele hul land op die veld te verteenwoordig reis oor die Overberg heen om kragte teen ander spanne te meet. “Ons het die jaar al sewe wedstryde gespeel, vier gewen, een gelykop gespeel en twee verloor. Ek is werklik trots op die meisies. Hulle sit alles in op die veld en tydens oefeninge, hulle is baie toegewyd,” vertel Anton Esau, afrigter van die span.

Maar die spannetjie wat so goed vaar se drome lê aan skerwe aangesien finansiering hulle kniehalter. “Ons benodig truie vir 2024. Tans speel die meisies in die seuns se truie. Ons vra graag dat mense ’n speler of posisie wil borg. Daar is ’n totaal van 25 spelers en om ’n speler of ’n posisie te borg, kos net R280,” se Esau.

Vir nog inligting, kontak die skool by 028 3151631.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article