Die Passiespelword in April ná drie jaar weer op die rotse by die Ou Hawe in Hermanus aangebied, en volgens Fanus le Roux, die regisseur van dié gewilde opvoering, doen hulle reeds voorbereiding vir die stuk wat op 7 April opgevoer word. “Ons het die jaar voor Covid-19 die dreigende onrus in Hermanus gehad, en toe het die bestuur besluit om ’n sabbatsjaar te hou,” sê Le Roux. Voorbereiding begin van 19 Februarie af by die Ou Hawe en die span sal elke Sondag van 15:00 af daar wees. “Ons nooi alle belangstellendes om by die Ou Hawe by ons te kom aansluit,” sê Le Roux.


Gewilde Passiespel ná drie jaar weer by Ou Hawe

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article