Vanoggend se gewapende rooftog in Kleinmond wek kommer onder die inwoners.

Gewapende roof in Kleinmond wek kommer


Die polisie in Kleinmond ondersoek ’n saak van gewapende roof nadat ’n werknemer van die OK-tak op die dorp Maandagoggend van ’n groot hoeveelheid kontant beroof is.

Die werknemer was volgens berigte omstreeks 09:45 te voet op pad bank toe om die geld te deponeer toe sy in die hoofweg voorgekeer is. Adjudant-offisier Anton du Preez, Kleinmond-polisie se speurtakbevelvoerder, berig dat ’n onbekende man na bewering die vrou voorgekeer, haar met ’n vuurwapen gedreig en van die geld beroof het.

“Daar word gesoek na twee verdagtes – die een wat die geld geroof het en sy medepligtige wat die silwer Volkswagen-voertuig bestuur het. ’n Saak van gewapende roof word ondersoek,” aldus Du Preez.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article