Die Grootuitdaagbeker-reeks se tweederondewedstryde is reeds in volle gang en het die afgelope Saterdag gemengde welslae opgelewer. Die groentjies in die Grootuitdaagbeker-reeks, Riviersonderend, het sy eerste ligawedstryd gewen. Dié span het Genadendal naelskraaps 38-37 geklop. Die G-Boyz van Grabouw het gelykop teen verlede jaar se ligawenners, Hawston Skrik vir Niks gespeel. Die telling was 23 elk. Caledon het met 17-13 koning gekraai teen Black Leaves, Bredasdorp Rangers het ’n wegholoorwinning van 24-8 teen die span van Botrivier behaal en Safcol het Kleinmond 20-17 gewen. Bo speel die Grabouw-rugbyklub teen Hawston Skrik vir Niks. Foto’s: Mariëtte Strydom


Gemengde welslae

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article