Hermanus het behoorlik gepronk by verlede Saterdag se rugbywedstryd tussen die DHL Stormers en Edinburgh in die Kaapstad-stadion. Nie net het Leolin Zas, oudleerder van die Hoërskool Hermanus, almal trots gemaak met sy twee drieë nie, maar die drie Fourie-broers van Hermanus was die “gelukbringers” vir die wedstryd en het saam met die kaptein van die DHL Stormers, Salmaan Moerat, op die veld gedraf. Ná die wedstryd kon hulle nie wag om Zas te ontmoet nie. Bo is Rian, Stephanus en Paul Fourie saam met Zas. Die Stormers het 43-21 gewen.
Fourie-broers ontmoet hul helde
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.