RADIO OVERBERG SE MANDJIEDANS

6 September 2025 @ 18:00 21:00

Trek jou dansskoene aan en pak jou gunsteling-peuselhappies vir Radio Overberg se MANDJIEDANS van 18:00 – 21:00 in die Agulhas-rolbalsaal. Gaste moet hul eie eetgoed in ‘n piekniekmandjie saamneem, maar daar sal ‘n kontantkroeg wees. Lekker pryse is op die spel vir die mees kreatiewe hoede. Kaartjies kos R100 en is by Radio Overberg se ateljee in All Saints-straat, Bredasdorp, Rudi by 082 494 3890 of Ben by 062 085 5805 beskikbaar.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article