23 July 2025 @ 17:00
Moenie die AFRIKAANS AMPTELIK 100 JAAR–feesviering by die Caledon-Wes kerksaal misloop nie. Voed jou siel met koorsang, gedigte van die oud-Caledonner PJ Philander wat voorgelees gaan word, ‘n Koesterklanke-item en prosa voorlesings. Daar sal ook heerlike sop en brood sowel as koffie soetigheid wees. Daar sal ook ‘n Maak-‘n-Las item wees om die lagspiere te prikkel. Die bekende Caledon-inwoner en TV-aanbieder Heindrich Wyngaard, wat lid is van die Afrikaans Amptelik 100 Jaar oorsigkomitee, tree as seremoniemeester op en Annette Engelbrecht van Orkney Snorkney-faam is die spesiale gas. Kaartjies kos R80 vir volwassenes en R20 vir kinders.
