Ervaar Tokara in al sy herfsprag wanneer die jaarlikse Rare Plant Fair Saterdag 20 April sy private plaastuine vir die publiek se genot open.


Ervaar Tokara in al sy herfsprag wanneer die jaarlikse Rare Plant Fair Saterdag 20 April sy private plaastuine vir die publiek se genot open.

Slegs vir een dag verander ’n tentplaaswerf en word lewendig met uiteenlopende aanbiedinge van stalletjiehouers wat ’n wye verskeidenheid inheemse en eksotiese plante tot groot vreugde van ywerige tuiniers en plantbewonderaars uitstal.

Die kelder, geleë aan die Helshoogtepas, bied heerlike vleis en vegetariese eetgoed en verversings. Saam met Tokara-wyn en -olyfprodukte sal besoekers by die plaaswerf kan smul en ’n blaaskans geniet om daardie een ontwykende skaars plant te bekom.

Die uitgebreide plaastuin bied sy eie rariteite. Besoekers kronkel deur die golwende tuinwandelings vol manjifieke beeldhouwerke deur plaaslike kunstenaars, en sal die plesier hê om die toegewyde oase van inheemse plante te verken, die klim-terrasse van die pluktuin te ontdek, en die stygende paadjie by die vleilande en die kabbellende bergstroom wat tot in ’n strelende leliedam vloei in al sy glorie te ervaar.

Langs die rustige plaasdam bied die betowerende teksturele kurkeikboswandeling ’n blik op die uitgestrekte skuins Groot Grasperk wat oorheers word deur Dionysus, ’n massiewe klipman wat rus, en op sy rug, die Boothuis wat aan die waterkant sweef.

Die skaarsste ervaring sal sekerlik die unieke en buitengewone Adamastor Moss-tuin wees wat in die heuwelagtige omgewing naby die Boothuis geleë is. Die afgelope twee jaar het die merkwaardige integrasie van plaaslike sandsteen, graniet, inheemse mosse en fynbos in die steeds ontwikkelende Adamastor Moss-tuin plaasgevind.

Die jongste toevoeging van noukeurig uitgesoekte Paarlse graniet, met die hand gebeitel in pragtige kunsstukke en reghoekige en lineêre vorms, skep ’n kaleidoskoop van gedempte skakerings en teksture. Met die messelwerk van gekapte kliplatte wat pas voltooi is, kan besoekers aan hierdie betowerde toevlugsoord die ware skoonheid en stilte ervaar wat herinner aan ’n Japans geïnspireerde Suid-Afrikaanse landskap.

Besoekers wat in die tuin stap, kan ’n piekniek op die Groot Grasperk geniet. Voorafbestelde piekniekmandjies wat deur die Tokara Deli voorberei is, kan by die Boothuis afgehaal word.

Besoek hierdie jaarlikse herfsplantuitstalling tussen 08:00 en 16:00 teen R50 per kaartjie per volwassene betaalbaar op die dag by die plaashek; geen voorafbespreking nie.

Besoek opengarden@tokara.com of www.rareplantfair.co.za vir meer inligting.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article