Drie van die vier topspanne van die Overberg gaan Saterdag (18 Februarie) weer aan die Overberg-toernooi by die Caledon-sportterrein deelneem.

Die spanne van Safcol in Grabouw, Hawston, die Rangers van Bredasdorp en Botrivier gaan aan die toernooi, wat deur Nissen Holdings aangebied word, deelneem.

Die wedstryde skop om 11:00 af.

Die Caledon-rugbyklub het aangekondig hy gaan nie aan die toernooi deelneem nie en het op sy Facebookblad gesê hy wil sy ondersteuners inlig dat die span nie deel van die Overberg-toernooi gaan wees nie.

“Die bestuur en afrigtingspan is dit eens dat die toernooi nie waarde vir ons voorbereiding vir die seisoen sal toevoeg nie,” het die klub op sy Facebookblad geplaas.

Die program is soos volg:. 11:00: Botrivier vs. Hawston. 12:20: Safcol vs. Bredasdorp. 13:40: Genadendal vs. Sea Hawks . 15:00: Caledon-vroue vs. Kaap Agulhas-vroue. 16:00: Verloorders van wedstryd 1 en 2 teen mekaar. 17:30: Wenners van wedstryd 1 en 2 teen mekaar.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article