Drie vermeende dwelmsmokkelaars het vroeër hierdie week in die hof verskyn nadat hulle onder meer in die besit van kokaïen, dagga en Mandrax-tablette betrap is. Volgens die Bredasdorp-polisie se woordvoerder, AO Jakobus Marthinus, was lede van die Overberg-blitspatrollie Saterdagaand (10 September) in die omgewing van Lakeystraat in Bredasdorp met patrolliediens besig toe hulle omstreeks 23:30 sien hoe ’n man weghardloop nadat hy die polisie gewaar het. “Die beamptes het die man gevolg en die huis deursoek, waar hulle op ’n groot hoeveelheid dwelms, insluitend dagga, kokaïen en Mandrax, sowel as ’n groot bedrag geld afgekom het. Drie verdagtes tussen 17 en 38 is in hegtenis geneem en van die besit van dwelms aangekla. Al drie is op waarskuwing vrygelaat om in die hof te verskyn.”


Drie in hof nadat polisie dwelms, geld kry

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article