Jy kan jou stem dik maak as jy deel is van Gansbaai-kliniek se komitee.


Die inwoners van die Gansbaai-omgewing word genooi om ’n belangrike rol by hul plaaslike klinieke te help vervul.

Volgens die munisipale bestuurder van die Overstrand-munisipaliteit, Dean O’Neill, is die Gansbaai-kliniek op soek na inwoners van Pearly Beach, Buffeljagsbaai, Franskraal, De Kelders, Kleinbaai en Perlemoenbaai om op die kliniek se komitee te dien.

“As lid van Gansbaai-kliniek se komitee kan jy ’n rol speel in die klagtes, behoeftes en belange rakende gesondheidsorg,” sê hy.

Aansoekvorms kan weeksdae by Nicolene Coetzer by die Gansbaai-kliniek verkry word. Die aansoek om deel van die komitee te wees, sluit op 15 April.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article