Die ondersteuning wissel van kundige raad, grondontleding, produksie-insette en verwante infrastruktuur soos besproeiing.
Die vrugte en groente wat in hierdie voedseltuine geproduseer word, word dikwels in gemeenskapsopkombuise, kleuterskole en skole gebruik en bereik behoeftiges.
Andricus van der Westhuizen, die Wes-Kaapse woordvoerder oor landbou, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning, het gesê: “Met die lewenskoste wat vir die meeste verbruikers ooglopend hoë vlakke bereik, het die Wes-Kaapse regering ’n innoverende benadering gevind om honger in ons gemeenskappe aan te durf.
Om aansoek te doen:
Kwalifiserende huishoudings sal opleiding vir groentetuinmaak ontvang sowel as hoenderproduksie-beginpakkies/
-stelle en opleiding.
Wie kwalifiseer vir die program?
1. Huishoudings met ’n gesamentlike inkomste onder R4 500 per maand.
2. Bewys van vorige kweekervaring (kos of enige plante).
3. Toegang tot grond (minimum van 2×3 meter OF ruimte vir ’n vertikale tuin).
4. Toegang tot waterbronne (dak vir oes of putpunt of gryswatergebruik).
5. ’n Huishoudingslid beskikbaar om opleiding/demonstrasies by te woon.
Gemeenskaps-/skool-voedsel-sekuriteit-tuine
Wat sluit dit in?
Wie kwalifiseer vir die program?





