Die rieldans is seker die oudste danssoort in Suider-Afrika, en danksy organisasies soos die ATKV het hierdie dans oor die land heen bekend geword. Die NG kerk Hermanus bied op 15 Oktober ’n konsert aan waar die bekende JB Batt-rieldansers uit die Koo-vallei gaan optree. Dié groep het al verskeie pryse gewen. Die konsert vind by die Sandbaai-saal plaas en begin om 17:00. Kaartjies teen R100 kan by die kerk gekoop word of bel Mariet Basson 071 520 4012.
Dans dat die stof so staan
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.