Ten spyte van goeie reën oor ’n breë gebied van die Wes-Kaap bly die watervlak van damme steeds daal, maar in die Overberg lyk dinge baie belowend.
Die gemiddelde watervlak van damme in die Wes-Kaap het van 49,4% tot 49% gedaal teenoor 59,9% in die ooreenstemmende tydperk verlede jaar.
Teen Maandag het Kaapstad se damme gemiddeld van 55,1% tot 58,9% gestyg teenoor 72,1% in Maart 2022.
Die vlak van die Theewaterskloofdam, die grootste opgaardam in die provinsie, staan op 56,5% en was ’n jaar gelede 74,2%.
Die De Bosdam is 96,08% vol in vergelyking met verlede jaar se 87,7%.
Ongeveer 38,8 mm reën het die afgelope week in die Overstrand-gebied geval.
Ná verlede week se goeie reën in die Theewaterskloof-munisipale gebied en selfs oorstromings in Caledon het die Eikenhofdam ’n goeie hupstoot gekry. Dié dam, wat naby Grabouw is, is 79,7% vol in vergelyking met verlede jaar se 69,2%.




