Die uitslae van die tussenverkiesing in die mooi kusdorpie in die Kaap Agulhas-munisipaliteit, Struisbaai is gister (15 Februarie) bekend gemaak.
Volgens die DA se provinsiale leier van die Wes-Kaap, Tertuis Simmers, is dié party tevrede met die uitslae. “Die DA in die Wes-Kaap is bly om aan te kondig dat ons in wyk 5 koning gekraai het. Vyf ander partye asook ’n onafhanklike kandidaat het in wyk 5 meegeding,” het Simmers gesê. “Ons wil graag die nuut aangestelde DA-raadslid, dr. Andries Eksteen, geluk wens met sy oorwinning. Andries is ’n gerespekteerde inwoners van Struisbaai en ons is vol vertroue dat hy sal voortbou op die suksesse wat die DA reeds in wyk 5 behaal het.”
Hierdie oorwinning waarborg dat KAM steeds onder DA se beheer is.
Die uitslae lyk soos volg:
• DA: 42% (1 066 stemme)
• VF+: 21,24% (539 stemme);
• ANC: 21,2% (538 stemme);
• PA: 9,42% (239 stemme);
• GOOD: 4,85% (123 stemme);
• EFF: 0.79% (20 stemme).




