Covid-19 het die lewe van ’n gewilde speurder verbonde aan die Hermanus-speurtak geëis. Dit is die eerste lid van dié polisiekantoor wat sy lewe weens die coronavirus verloor het. Speursersant Johnwin Smith is Donderdag 24 Junie in die hospitaal oorlede nadat hy vir ongeveer twee weke teen Covid-19 verwante komplikasies geveg het. Luitenant-kolonel Louis Geldenhuys, Hermanus-speurtak se bevelvoerder, sê Smith se dood het as ’n reuseskok gekom en die eenheid hard getref. “Ek het nog die vorige aand met hom gepraat. Hy het goed geklink en gesê die dokter oorweeg dit om hom huis toe te stuur. Die volgende oggend kry ons toe die nuus wat sê hy is oorlede. Dit het almal hard getref, want hy was baie na aan ons,” het Geldenhuys verslae vertel. Hy het Smith beskryf as ’n “baie nice ou” wat pligsgetrou en ’n harde werker was en sake deeglik ondersoek het. Smith het die afgelope 13 jaar as speurder gewerk en was betrokke by die oplos van talle sake, onder meer die inhegtenisneming van verdagtes wat binnekort vir die moord op iemand in die taxibedryf in Zwelihle, gevonnis sal word. Smith se kollegas het ’n spesiale gedenkhoekie met kerse en foto’s van hom in hul kantoor opgerig. Teen druktyd was die begrafnisreëlings nog nie getref nie
Covid eis geliefde speurder
Bianca du Plessis
|

Covid eis geliefde speurder
Bianca du Plessis
|

NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.

Related Articles
-

HT-koerantverkoper wat indruk op almal maak, sterf
Die geliefde Oom Pieter, wat die Hermanus Times elke week getrou uitgedeel het, is onlangs…
by
Hermanus Timeson
-

TWK-burgemeester oorlede
Die gemeenskap van Theewaterskloof (TWK) is Sondagoggend in rou gedompel nadat hulle die nuus van…
by
Hermanus Timeson
-

Belowende sportseun van Hermanus se dood skok die gemeenskap
Skok, ongeloof, trane en onbeskryflike hartseer het geheers ná die nuus van Danté Abrahams, 'n…
by
Bianca du Plessison
Leave a comment
You need to be Logged In to leave a comment.
