Die Hermanus Cliff Path-bestuursgroep het onlangs ’n skenking ontvang om die paadjie na die bankie by Kwaaiwater op te gradeer.

Dit is goeie nuus – nie net vir die mense wat Cliff Path gereeld gebruik nie, maar ook vir rolstoelgebruikers om by die bankie uit te kom en die uitsig te geniet.

“Dit is belangrik om te weet dat die Cliff Path-bestuursgroep ’n vrywillige organisasie is wat nie net passievol oor Cliff Path is nie maar ook oor Hermanus,” het ’n woordvoerder gesê.

“Ons werk saam met die Overstrand-munisipaliteit om die Cliff Path in stand te hou, maar ongelukkig is die OM tans onder groot finansiële druk en kan nie meer soos voorheen help om Cliff Path te onderhou nie.

“Dit is waarom ons nou op skenkings moet staatmaak.”. Mense wat graag ’n skenking wil gee, kan die volgende bankrekeningnommer gebruik: Rekeningnaam: Cliff Path Management Group; Bank: Investec; Rekeningnommer: 5000 2115857.

Stuur jou bewys van betaling na strydomana@gmail.com

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article