Edwill Adonis, Tom Tromp, Bräsler van Schoor, Lusiano Foster en Johan Wentzel met hul trofee.


Caledon se rolbalklub is baie trots nadat agt van sy ongeveer 25 lede tydens Boland-rolbal se jaarlikse prysuitdeling vir hul prestasies vir die afgelope jaar vereer is.

Die Caledonners het die volgende trofeë ingeryg: Edwill Adonis en Petula Fortuin (gemengde parespel); Bräsler van Schoor, Edwill Adonis, Lusiano Foster en Johan Wentzel (mans ope-vierspel); Bräsler van Schoor, Edwill Adonis en Johan Wentzel (mans ope-driespel); Wynand Pool en Hanru Pool (mans ope-pare asook Pro10-pare); Hanru Pool (o.30-junior pare) en Lusiano Foster (o.18-junior pare).

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article