Caledon Toyota is net die plek om te besoek vir al jou Toyota-behoeftes. INLAS: Caledon Toyota se professionele span is altyd daar om hul klante by te staan.


Kom gerus na Caledon Toyota vir uitmuntende naverkope-diens.

Hierdie gewilde motorhandelaar bied ’n uitgebreide reeks diens-opsies sowel as onderdele en bykomstighede.

Ons beskik ook oor ’n geakkrediteerde paneelklop-afdeling om na u beskadigde motor om te sien.

Elke lid van ons tegniese span is opgelei om te voldoen aan Toyota SA se hoë standaarde.

Om ons kliënte se gemoedsrus te verseker, gebruik ons net die nuutste diagnostiese- en herstel-toerusting.

Ongeag die model of vervaardigingsjaar van u motor, verstaan ons jou Toyota binne en buite. Daar word net van “Toyota Genuine Parts” gebruik om u motor te herstel.

Wanneer dit by die herstel van die bakwerk kom, kan u verseker wees dat hulle onverpoosd daaraan werk om u voertuig so spoedig moontlik tot spitstoestand te herstel.

Verder verskaf ons nie net die kundigheid wat u voertuig verdien nie, maar lewer ons dit teen die beste moontlike prys om te verseker dat u waarde vir u geld kry.

Besoek ons gerus vandag vir n volledige veiligheid-inspeksie. Maak ’n afspraak deur ons telefonies te kontak of aanlyn te bespreek by ons gekwalifiseerde tegniese span om vir u ’n 35-punt-kontrole van al die belangrike dele van u voertuig te kan doen.

.
Vir meer inligting besoek ons by Prins Alfred-weg 30 of kontak ons by 028 212 1050, stuur ’n e-pos aan info@caledontoyota.co.za of besoek ons webwerf by www.caledontoyota.co.za.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article