Lede van die Caledon-Rapportryers met die trofeë en sertifikate wat hulle onlangs ontvang het. Agter, van links, is Wessel du Toit, Danie de Villiers, Poen van der Westhuizen, Kobus Coetzee, Burger Mouton, DC Beukes, Stephaan du Toit, Bennie Basson en Rudi Coetzee. Voor is Heinie Fourie, Bertus Coetzee, Niel du Toit en Behan de Kock.

Caledon-Rapportryers as beste korps in land vereer

Lede van die Caledon-Rapportryers met die trofeë en sertifikate wat hulle onlangs ontvang het. Agter, van links, is Wessel du Toit, Danie de Villiers, Poen van der Westhuizen, Kobus Coetzee, Burger Mouton, DC Beukes, Stephaan du Toit, Bennie Basson en Rudi Coetzee. Voor is Heinie Fourie, Bertus Coetzee, Niel du Toit en Behan de Kock.

Die Caledon-Rapportryers is op die tweejaarlikse Nasionale Rapportryersberaad, wat onlangs by die Dinokeng-Voortrekkerkamp buite Pretoria gehou is, met verskeie toekennings vir die afgelope termyn vereer.

Hulle het onder meer die trofee vir die mees aktiewe korps in die Wes-Kaap ontvang – die Wes-Kaap-streek bestaan uit die Caledon- en Wellington-korps. Daarby het hulle ook trofees vir die mees aktiewe korps in Suid-Afrika, sowel as die mees aktiewe provinsie in Suid-Afrika ontvang. Hulle het voorts ook die trofee vir die beste diensleweringsprojek nasionaal ontvang.

Pryse word toegeken aan die korps wat die mees aktief is, die beste groei in ledetal toon, asook geld wat ingesamel word en gemeenskapsgedrewe projekte en skenkings wat deur die korps uitge- voer word.

Vier lede, naamlik Danie de Villiers, Kobus Coetzee, Rudi Coetzee en Wessel du Toit, is met bronslapelwapens en sertifikate vir uitstaande diens vereer. Hulle is deur mede-korpslede benoem vir die ekstra myl wat hulle loop.

Die sekretaris van die Caledon-Rapportryers, Wessel du Toit, het gesê: “Om die prys as korps van die jaar te ontvang, is ‘n groot eer en ons is baie trots daarop. Ons droom al lank hieroor en dit het harde werk geverg. Ons wil ook graag die gemeenskap, wat ons projekte ondersteun, bedank.”

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article