Die Caledon-biblioteek doen soveel meer as om net boeke aan sy lesers te verskaf. Die biblioteek reik gereeld na die plaaslike gemeenskap uit en raak betrokke by talle bewusmakingsprojekte. April was bewusmakingsmaand van wreedheid teenoor diere, en daarom het Gerhard van Wyk van die Caledon-biblioteek onlangs ’n insiggewende gesprek met Romanda Marais van Caledon-dieresorg oor hierdie tema gevoer. Ná die gesprek het Yolanda Hofmeester (links op die foto), en Gerhard van Wyk ’n skenking van boeke, wat vir broodnodige geld in die Dieresorgwinkel in Donkinstraat verkoop kan word, aan Romanda Marais (middel) oorhandig.Foto: Mitzi Buys
Caledon-biblioteek doen baie meer
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.