Die ekspo vir buitelug-entoesiaste vind die naweek in Grabouw plaas.


Die Buitelewe- en Avontuur-ekspo in Grabouw is hierdie naweek uiteindelik hier.

Nuwe uitstallers, soos Tuff Cats-veldrysleepwaens en die nuwe Rooivalk-veldrywa van Boland Caravans, Volkswagen en All Terrain Vehicle Service Centre van Hermanus asook Smoke Shack en talle ander, sal ’n magdom 4×4’s, kamptoerus­ting en buitelewe-toebehore sowel as kos en ander lekkernye ten toon stel en verkoop.

Bring jou hond aan ’n leiband om die dag te geniet en ontmoet honde van die K9-soek-en-reddingseenheid wat sal wys hoe hulle mense in rampge­biede uitsnuffel.

Die hekke open Vrydag om 12:00, Saterdag van 08:00 en Sondag om 08:00. Jy is ook welkom om die Grabouw-4×4-roete langs die ekspoterrein op eie koste aan te durf.

Kaartjies kan by die hek of aanlyn by www.ticketpro.co.za gekoop word.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article