Vir die Boland-rugbyunie (BRU) is dit hoog op sy prioriteitslys om aan die gemeenskap terug te gee. Die nuwe projek van BRU, wat deur die president, Bennie van Rooi, bekendgestel is, is om skoolskoene en -klere aan skole te skenk. Verder skenk die BRU ook kaartjies sodat leerders die Kavaliers in aksie kan sien. Die klereborg is Sanlam. Marquine Lukas (BRU-bestuurslid), Lawrence Lucas (voorsitter van die Universals-rugbyklub) en Isholene Dickson (sekretaresse van Universals) het die skenkings aan leerders van die Laerskool Die Bron in Stanford oorhandig. Die BRU het vroeër ook oefentoerusting aan skole in die Boland-rugby-gebied geskenk.
BRU skenk klere
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.