Die Bredasdorp-polisie het op vyf bankies tik afgekom nadat hulle ‘n motor deursoek het.


April was ’n besige misdaadmaand vir Bredasdorp, maar plaaslike polisiebeamptes het gewys wat in hulle steek toe hulle verskeie verdagtes in hegtenis geneem het.

Die Bredasdorp-polisie het Sondag 23 April omstreeks 07:00 ’n oproep ontvang van ’n slagoffer wat met steekwonde naby ’n oop stuk grond naby die Lesedi- opvoedkundige sentrum lê. Met die polisiebeamptes se aankoms die slagoffer dood op die toneel aangetref. Die slagoffer was 36 jaar oud. Ná goeie speurwerk is ’n verdagte in hegtenis geneem en kort daarna is nog ’n verdagte aangekeer. ’n Derde verdagte word steeds gesoek. Hulle word aangehou en die saak is tot 11 Mei uitgestel.  

In nog ’n voorval het die Bredasdorp-polisie bewys hulle gaan korte mette met misdadigers maak. Lede van die Bredasdorp-polisie was op 28 April op patrollie in van die bekende misdaadgebiede en het ’n verdagte voertuig gewaar en voorgekeer. Hulle het die voertuig deursoek en op vyf bankies tik ter waarde van R500 afgekom. Een verdagte is in hegtenis geneem en sal binnekort in die hof verskyn.

Lt.kol. Gustav Tamboer, ’n woordvoerder van die Bredasdorp-polisie, sê hulle gaan geen nonsens van misdadigers duld nie en alles in hul vermoë doen om die streek veilig te hou. 

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article