ACVV-kongreslede van die ACVV-takke van die Wes-, Noord- en Oos-Kaap, wat almal onder dieselfde bestuur val, het onlangs die 65ste kongres van die ACVV bygewoon. Heindrich Wyngaard van Caledon was die gasspreker by die kongres se dinee en het gepraat oor “Hoop begin by my”, wat ook die kongres se hooftema was. Die kongres het van 29 Augustus tot 1 September by die Goudini Spa plaasgevind. Die ACVV het ook op 1 September sy 119de bestaansjaar gevier. Bo is Elzet Weinstein, Heindrich Wyngaard, Elmarie Matthee, Brian Oliver en Marlene Rousseau, almal van Caledon.


Boodskap van hoop tydens kongres bespreek

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article