Die Boland-vrouerugbyspan het geskiedenis gemaak toe die span vanjaar die eerste keer tot die halfeindstryd van die vroue-premierliga deurgedring het. Hulle het Saterdag op Loftus Versfeld teen die Blou Bul-Daisies kragte gemeet. Michelle Bosch, die spanbestuurder, sê hulle het voor die afskop ’n minuut van stilte gehad ter ere van Bernadette Olesia Chogo, wat twee dae voor die wedstryd oorlede is. Hoewel sy vir die Keniaanse vrouerugbyspan gespeel het, het sy verlede jaar vir die Boland-vroue as slot uitgedraf. Die Daisies het die Boland-vroue ’n behoorlike loesing gegee en die besoekers 64-8 gewen. Bosch sê sy is baie trots op die spelers vir hul toewyding. “Dankie ook aan al ons ondersteuners,” het sy bygevoeg. Op die foto links probeer Tarren Munodaani en Therese “Trixie” Ruiters tydens Saterdag se wedstryd ’n teen-staander in haar spore stuit. Regs is Luleka Tiybelika, Demi Nel en Theresa Ruiters in aksie.


Boland-vroue werp alles in die stryd

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article