Saterdag se wedstryd tussen Hawston Skrik vir Niks en Atlantics van Mount Pleasant se A-spanne was ’n titaniese stryd. Strafskoppe het uiteindelik die wedstryd beslis. Atlantics se A-span het gewys hy skrik vir niks nie en die manne van Hawston 14-13 geklop. Hawston se B-span het Atlantics oortuigend met ’n telling van 26-10 gewen terwyl Atlantics se C-span 15-12 geseëvier het. Die puntemakers vir Atlantics se A-span was Lionel April met ses punte (twee strafskoppe), Giano Simes met vyf punte (drie gedruk) en Lloyd April met drie punte (een strafskop). Foto’s: Bianca Du Plessis


Atlantics seëvier

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article