As jy nog altyd die geleentheid wou gehad het om deur die grond van Tru-Cape by Oak Valley in Elgin te stap, is dit nou jou kans.
Op 4 Maart kan jy van 10:00 tot 12:00 ‘n toer deur die mekka van die appel- en peerboerdery onderneem waar jy meer oor die verskillende soorte appels en pere kan leer.
Tru-Cape is die grootste uitvoermaatskappy van appels en pere in Suid-Afrika. Die toer bied ook die geleentheid vir besoekers om die verskillende soorte appels en pere te pluk en te proe. Die toer is gratis en enigeen wat graag dit wil onderneem, kan Brian Berkman by brianb@Tru-Cape.co.za kontak.





