Caledon se Vrouelandbouvereniging (VLV) bied altyd iets interessants vir sy lede by sy maandeliks byeenkomste aan.
By Donderdag 1 Junie se byeenkoms het baie van die lede interessante hoede gedra.
Die voorsitter, Corrie Fogwell, het gesê: “Vandag is ons openbaresake-vergadering, en dit handel onder andere oor munisipale werkers, die polisie, elektrisiteitswerkers en plaaswerkers.
“Ons dra dan altyd ’n hoed sodat die lede die gevoel daarvan kan kry.”
Voordat die res van die maandelikse sake bespreek is, het Minette Kotze en Azania Ndumiso van Voltex oor interessante alternatiewe opsies vir krag en beligting gedurende beurtkrag gepraat en gedemonstreer.
Dit het alles van herlaaibare gloeilampe, muurproppe, ’n klein afstandbeheerde apparaat vir die aan- en afskakel van huishoudelike toerusting, tot sonpanele ingesluit.





