Agter is Kate Severein, Henry Luyt, John Carlile, Hannes Cooper en Martin Barnard. Voor is Pam Coetzee en Carel Kriel.


Die burgerregteorganisasie AfriForum gaan van krag tot krag.

Die organisasie het verlede week ’n tak in die Theewaterskloof-omgewing gestig en ’n bestuur vanuit die gemeenskap gekies om die inwoners in hierdie omgewing te dien.

AfriForum-lede wat die stigting bygewoon het, het gemeenskapslede benoem om in die bestuur te dien en sonder beswaar is die nominasies aanvaar.

Die bestuur bestaan uit Carel Kriel (voorsitter), John Carlile (ondervoorsitter), Kate Severein (sekretaresse), Pam Coetzee (tesourier), Martin Barnard (gemeenskapsveiligheid), Henry Luyt (plaaslike regeringsake) en Hannes Cooper (omgewingsake).

“Dis altyd lekker om te sien hoe lede van die gemeenskap bereid is om hul tyd en energie te gee om ’n verskil in hul gemeenskap te maak. Ons sien daarna uit om die uitdagings in die gebied saam met die nuwe bestuur aan te pak,” sê Jacques Benade, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Boland.

Die tak gaan daarop fokus om die gemeenskap by projekte te betrek en gaan onder meer daarop fokus om saam met plaaslike owerhede en ander rolspelers te werk, asook om self moue op te rol om probleme uit die weg te ruim. Gemeenskapsveiligheid en plaaslikeregeringsake sal van die belangrikste fokuspunte van die tak wees.

Die tak moedig die gemeenskap aan om by hulle betrokke te raak om ’n daadwerklike verskil in die gemeenskap te maak. Besoek www.wordlid.co.za om hierdie tak te ondersteun.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article