Die reën is altyd welkom, en met die afgelope naweek se koue en reën, wat wyd oor die Overberg neergesak het, lyk damme se watervlakke redelik goed. Die De Bosdam (foto) se vlak is 100,25% terwyl Theewaterskloofdam in Villiersdorp op 31 Augustus op 83% gestaan het. Die weer in die Overberg gaan warmer word en teen Vrydag kan die kwik tot 23 °C styg, maar dan is nog reën op pad. Foto: Martin Etsebeth
Damme vol ná koue, nat naweek
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.