Die reuk van ’n waterblommetjiepot met skaapskenkels of ’n heerlike waterblommetjiebredie wat die kombuis vul, sal menige mens se mond laat water. Dit was die afgelope tyd waterblommetjietyd en die Hermanus Times-leser Cobus Germishuys het hierdie foto ingestuur van Jaco Uys en sy twee dogters, Janke en Riane, en Francois Groenewald van die plaas Remhoogte by Baardskeerderbos, waar hulle besig was om waterblommetjies te pluk. Foto: Cobus Germishuys


Wat is nou lekkerder as waterblommetjiepotjie met skaapskenkels?

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article