Fernkloof-natuurreservaat is weer in die nuus nadat twee vroue deur ‘n man met ‘n klapmus beroof is.


Wat bedoel was om ‘n heerlike uitstappie in een van die gewildste staproetes in Hermanus te wees, het vir twee vroue vanmiddag in ‘n nagmerrie ontaard.

Volgens die woordvoerder van die Hermanus-polisie is twee vroue omstreeks 15:00 by die waterval met ‘n mes gedreig en van ‘n Apple i-foon gesteel. Die twee vroue is getraumatiseer na die voorval en die polisie het dadelik die omgewing gefymkam om die skuldige vas te trek.

“Volgens die vroue het die verdagte ‘n klapmus aangehad en kon hulle hom nie identifiseer nie. Gelukkig he hulle geen beserings opgedoen nie,” het September vertel. “Nie net het wetstoepassing gehelp soek na die verdagte nie, maar ook die Hermanus-buurtwag en HPP het gehelp. Ons het die reservaat gefynkap en HPP het die kringtelevisie nagegaan om die verdagte op te spoor, maar sonder sukses”.

Volgens September is ‘n saak by die polisie aanhangig gemaak. 

Op sosiale media het dit behoorlik gegons oor wat nog gedoen moet word om die Fenrkloof-natuurreservaat veilig te maak. Mense is ook aangeraai om, as hulle gaan stap, nie waardevolle artikels saam met hulle te neem nie. ‘n Ander Facebook-gebruiker het aanbeveel dat daar ‘n sekerheidsbeampte saam met die stappers moet loop en hulle so beskerm. 

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article