Die voortslepende beurtkrag, met geen einde in sig nie, en beoogde prysverhogings in kragtariewe, het ’n uiters negatiewe invloed op die ekonomie en beïnvloed almal.
Groot en klein sakeondernemings en boere word beïnvloed, voedselpryse en voedselsekerheid kry ’n knou en werksgeleenthede word bedreig, om maar net ’n paar voorbeelde te noem.
Die Demokratiese Alliansie (DA) het verlede Woensdag (25 Januarie) landwyd betogings teen Eskom gehou.
DA-raadslede en ondersteuners het in Caledon ’n plakkaatbetoging in die middedorp gehou en is deur verbygaande motoriste aangemoedig.



