’n Man van Gansbaai het verlede week in die Caledon-landdroshof verskyn en is op borgtog van R10 000 vrygelaat nadat hy met duisende eenhede perlemoen in sy besit betrap is. Kol. Joe Hartnick, waarnemende bevelvoerder van die Caledon-polisie, sê die 21-jarige verdagte is Woensdag 1 Februarie tydens ’n roetine-ondersoek op die N2 naby Dassiesfontein deur provinsiale verkeersbeamptes voorgekeer. “By nadere ondersoek is plastieksakke vol perlemoen in die voertuig se bagasiebak gevind. Die lede het op altesaam 2 253 eenhede perlemoen beslag gelê,” sê Hartnick. Jandré Bakker, ’n woordvoerder van die Wes-Kaapse departement van openbare werke en vervoer, het die beamptes geprys vir hul bydrae om te “verseker dat alle padgebruikers die padwette sowel as die landswette gehoorsaam”. Hy het bygevoeg: “Dit is weer eens ’n bewys dat om die Wes-Kaapse paaie vir misdaad te gebruik, nie geduld sal word nie.” Volgens Bakker is die geraamde waarde van die perlemoen ongeveer R1 172 000. Hartnick het bevestig die 21-jarige verdagte het Donderdag 2 Februarie op aanklag wat verband hou met die oortreding van die Wet op Lewende Mariene-hulpbronne in die Caledon-landdroshof verskyn het. “Die verdagte is op borgtog van R10 000 vrygelaat en moet weer op 3
Motoris met perlemoen betrap
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.