Hoërskool Bredasdorp se meisieskrieketspan het hul teenstanders van die Hoërskool Hermanus in ’n spannende wedstryd oortuigend geklop. Hoërskool Bredasdorp het die loot gewen en besluit om eerste te kolf. Die meisies het 117/8 in 20 boulbeurte aangeteken. Hermanus kon slegs 76/8 in die 20 boulbeurte aanteken. Die BD’s het die wedstryd met 41 lopies in hul guns beklink. Agter is Ina-Mari Augustyn, Junicke Newman, Karla Bailey, Anelmari van Niekerk, Cailin Coad, LZ du Toit, Aimee Swart, Kayla McKinnon en Renske Lottering. Voor is Deseré Fouché, Kyla Louw, Fayannette Kruger, Mirrah Janse van Rensburg, Anina Treurnicht en Emma Bester.


Bredasdorp-meisies laat HS Hermanus op die neus kyk

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article