Hoërskool Bredasdorp se matriekraad was bevoorreg om aan die begin van hul besige laaste skooljaar te gaan kamp. Die leerders is menigmaal uit hul gemaksone gehaal met die reën wat planne deurmekaargekrap het, maar hulle het vinnig aangepas. Die uiteenlopende groep is uitgedaag om saam te werk, mekaar beter te leer ken en net hulself te wees. Die organiseerders van die kamp het hul dank uitgespreek teenoor Henry Pratt “wat ’n passie vir jong mense het” en sy vrye tyd opgeoffer het om die kamp aan te bied.


Matriekraad op kamp

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article