Riemvasmaak,
die informele nedersetting in Caledon, word gekenmerk deur armoede en 30
inwoners van die buurt is Sondag dakloos gelaat nadat agt strukture afgebrand
het.
Die
Theewaterskloof-munisipaliteit het bevestig dat die Overberg-distriksmunisipaliteit
se brand- en reddingsdienste Sondagoggend gereageer het op ‘n brand wat in
Riemvasmaak uitgebreek het. “Die brand- en reddingsdienste was vinnig op die
toneel en het die vuur in bedwang gebring,” het TWK se persverklaring gelui. “Altesaam
agt strukture is vernietig en ongeveer 30 mense is dakloos gelaat met geen
ander heenkome nie.”
TWK se
rampreaksie- en behuisingsbeamptes het die toneel besoek en daar is dadelik noodskuiling
gereël. Inwoner wat graag wil help met komberse en boumateriaal kan die TWK-munisipaliteit kontak.
Volgens die
polisie is geen beserings of sterftes aangemeld nie en die oorsaak van die
brand word ondersoek.





