’n Gesamentlike optrede deur die Overstrand-wetstoepassingseenheid, honde-eenheid en taakspan in samewerking met die departement van bosbou, visserye en omgewingsake en die spesiale ondersoekeenheid is verlede week in Gansbaai gedoen en het goeie vrugte afgewerp. Tydens die optrede verlede Woensdag (15 Maart) is ’n 32-jarige man van Masakhane in hegtenis geneem nadat 41 eenhede perlemoen – 30 ontskulp en 11 heel – in sakke in sy besit gevind is. Lindile Ntsabo, die Overstrand se uitvoerende onderburgemeester en burgemeesterskomiteelid vir beskermingsdienste, sê die verdagte sowel as die perlemoen en ’n selfoon is aan die Gansbaai-polisie oorhandig. “Wetstoepassingseenhede het op dieselfde dag ook sakke met 533 eenhede ontskulpte en 56 heel eenhede perlemoen verlate in die bosse aangetref. Ongelukkig is geen verdagtes aangekeer nie. Die lede het op die perlemoen, met ’n geraamde straatwaarde van R260 000, beslag gelê,” het Ntsabo bygevoeg.
Groot slag met perlemoen geslaan
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.