Hermanus Times hou ’n pretdraf op 29 April saam met Afdaks-kwekery.

Wat dié pretdraf so uniek maak, is dat jy jou hele familie en selfs jou viervoetige kind kan saambring – loop net met jou dierekind aan ’n leiband. Die roete bestaan uit ’n prettige 7 km met verrassings en water om elke hoek en draai asook genoeg wyn en bier by die eindpunt en stalletjies wat interessante goed verkoop. Inskrywings kos R50 per volwassene, R25 per kind onder 12 en R150 vir gesinne van vier of sakeondernemings. Bring ’n speelding of Engelse leesboek saam, wat Hermanus Times aan die Nomzamo Crèche sal skenk. Kontak Hermanus Times by 028 312 3717 of stuur ’n WhatsApp na 082 443 2184 vir nog inligting of inskrywings.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article