Die Passiespel in Hermanus bly ‘n belewenis.


Om die lydingstyd van Christus uit te beeld, is nie net ’n geestelike pad wat jy moet loop nie, maar ook baie emosioneel.

Dit is hoe die deelnemers voel wat volgende week, Vrydag 7 April, deel van die Passiespel in Hermanus gaan wees.

Dié viering van die geboorte, lewe, kruisiging en opstanding van Jesus word al van 1996 op die rotse by die Ou Hawe gehou. Dit is ’n hoogtepunt vir baie en besoekers kom van heinde en ver om deel van dié Passiespel te wees.

Van die spelers wat deel van die Passiespel van 2023 is, is Veronica Brand, Linertz Christa en Lené Kotze.

Die Novus Vitae-dansgroep onder leiding van Veronica Brand tree op gedurende die voorprogram. Novus Vitae beteken “Nuwe Lewe” en hulle gaan verseker met hul optrede baie mense aanraak. Veronica was vanaf 2003 deel van die skare en het daarna vir 10 jaar as een van die vroue-rotsdansers voor Pilatus se paleis opgetree.

Linertz en Lené, albei in graad 8 neem vanjaar die rolle oor. Vir hulle is dit ’n eerste!

Hierdie is ook die eerste jaar dat tieners deel van die dansspan is. “Wat ’n voorreg is dit vir ons al drie om deel van so ’n passievolle produksie te wees en om op hierdie wyse die boodskap van Jesus se lewe en lyding aan die toeskouers oor te dra,” het hulle gesê.

Vir besprekings besoek Computicket.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article