Dit is nou al vir 25 jaar wat die Hermanus Passiespel op Goeie Vrydag in die Ou Hawe in Hermanus opgevoer word. Dié opvoering van Jesus se lydingstyd is iets om te sien en mense kan al van 15:00 Vrydag na die Ou Hawe gaan om dit te beleef. Die voorprogram begin om 18:00 met die Novas Vitae-dansgroep en sangeres Barneace Slabbert. Bring jou eie stoel, jou piekiekmandjie en warm klere saam. Om 20:00 word al die ligte rondom die Ou Hawe afgesit en dan begin die Passiespel van 90 minute. Dit speel af op nagenoeg 230 m van gladde rotse in die donker en met slegs ’n volglig wat die spelers se tonele verlig. Kaartjies is R150 per volwassene en R50 per kind en is by Computicket, Checkers of by die hek beskikbaar. Ons bied nou ook ‘n spesiale laat afslag aan pensioenarisse teen R120 per kaartjie, maar dit sal slegs by die hek beskikbaar wees. Besoek en volg gerus die Facebook-blad vir die nuutste inligting of bel Anschen du Plessis by 079 564 0557 of Fanus le Roux by 078 483 3080. Foto:
Brood van die lewe
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.