Marvellous Maids het ’n waterpunt beman waar Maxine du Plooy, Page Mtshatsheni en Anse de Klerk seker gemaak het die stappers en drawwers ly nie dors nie.


’n Pretdag met ’n verskil – oud en jonk sowel as viervoetiges het deelgeneem, alles ten bate van die Nomzamo-kleuterskool in Zwelihle.

Dit was ’n pretdag en stappers het vroegdag na die Afdaksrivier-kwekery gekom om die dag saam met Hermanus Times en die Afdaksrivier-kwekerye te geniet. Daar was genoeg eet- en drink­goed vir almal en met musiek deur James Peiser in die agtergrond was die atmosfeer gepas met die viering van Vryheidsdag wat Donderdag plaasgevind het, en Werkersdag wat Maandag gehou is.

Verskeie pryse was op die spel, soos onder meer ’n noue ontmoeting met die haaie deur Kim the Sharklady, ’n ete van Ocean Basket, speelgoed van Kidz Stuff, ’n pedikuur, massering, haarsny en baie ander pryse. Water is deur Manzi geskenk en hulle het ook toegesien dat die stap­pers nie dors word nie en een van die waterpunte is deur Marvellous Maids beman.

Die volgende borge word bedank: Afdaksrivier-kwekery, Kidz Stuff, Chimney Sweep (James Peiser), Manzi Water, Marvellous Maids, Sharklady, Wine & Co, Lorenzos Barber, St John Ambulance, Ocean Basket, Body Beautiful, Candy’s Nails, Arcangeli Wines, Raka Wine, Boschrivier Wines, Stanford Hills en Boland Toilets.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article