Altesaam 75 sakke met 9 398 eenhede perlemoen is in die Porsche Cayenne en sy sleepwa gevind


Die beweerde sindikaat het meer as 700 aanklagte van onder meer rampokkery, korrupsie en die onwettige besit van perlemoen in die gesig gestaar.

Die media het destyds berig die sindikaat, waarvan Barends na bewering die meesterbrein was, het meer as R2 miljard se perlemoen oor ’n tydperk van 13 jaar uit die see gestroop.

Barends is aanvanklik op borgtog van R100 000 vrygelaat. Dit is egter maande later verbeurd verklaar toe hy weer in verband met ’n groot vrag perlemoen in hegtenis geneem is.

Sewe jaar later, ná ’n marathon-verhoor wat langer as vier jaar geduur het, is Barends en nege ander van sy medebeskuldigdes in November 2018 op al die aanklagte teen hulle vrygespreek.

Vyftien ander is in November 2017 vrygespreek.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article