Die Wes-Kaapse minister van kultuursake en sport, Anroux Marais, het die Kokkedoor Vuur & Vlam-stel in Struisbaai verlede Dinsdag (2 Mei) besoek. Produksie van dié reeks het op 17 April begin. Paul Venter, die uitvoerende vervaardiger, sowel as Marais en Errieda du Toit, die inhoudsvervaardiger van Kokkedoor Vuur & Vlam, het die oggend baie geniet. Deelnemers aan Kokkedoor Vuur & Vlamgaan die koskenners Bertus Basson en Kobus Botha met hul braaivaardighede moet beïndruk. Deelnemers gaan in Kokkedoor Vuur & Vlam alles in die vlamme, op die kole, binne-in die as of op die rooster moet voorberei. Soos voorheen is kykNET op soek na die perfekte kombinasie van ’n onthoukok en kinkelkok, wat vurig is om kos oor die kole gaar te maak. Die reeks word van Donderdag 27 Julie af op kykNET uitgesaai.
Kyk net hoe braai dié klomp!
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.