Dit is met gemengde gevoelens dat ek hierdie skrywe aan al my oudkollegas, pasiënte – veral Onrus-apteek se personeel – en ons Onrus-kerk rig.

Wat ’n voorreg om gedurende die tydperk van 2004 tot 2023 saam te lag en te huil en om julle almal te leer ken. Ook ’n spesiale dank aan al my pasiënte (Australië/Brittanje) wat steeds gereeld kontak maak; mammas en pappas van ver dorpe wat baba-inentingsdatums gereël het om saam te val met oupa- en ouma-kuiers hier plaaslik; pasiënte wat vriende geword het . . . so ongelooflik kosbaar.

Thank you for trusting me with your most private/intimate matters and precious family members, during times of ill health.

My foon, wat die afgelope jare ’n lewenslyn tussen my en my pasiënte was, sal nou afgeskakel word.

Ons gaan binnekort na die Durbanville-omgewing verhuis.

Goedheid en guns en goeie gesondheid is my gebede en wense aan u en u onderskeie families.

Beautiful memories are forever embedded in my heart and mind.– Annelene Retief

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article