Die beleggingshoof van PSG Wealth, Adriaan Parsk, het die huidige ekonomiese en marktoestande bespreek.


PSG Wealth Hermanus se jaarlikse kliëntebyeenkoms, wat verlede Donderdag by Curro plaasgevind het, was weer eens ’n reusesukses.

Michael Jordaan, die stigter en uitvoerende hoof van Montegray Capital, was die gasspreker en het die lesse gedeel wat hy in sy loopbaan geleer het en ook waar hy tans geleenthede in Suid-Afrika sien.

Die beleggingshoof van PSG Wealth, Adriaan Parsk, het die huidige ekonomiese en marktoestande bespreek en ook geleenthede wat tans in Suid-Afrika bestaan, met die gaste gedeel.

Almal was dit eens dat dit ’n baie insiggewende aand en net soos in die verlede baie goed georganiseer was.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article