Kompetisie was sterk by die Mnr. en Mej. Hoërskool Bredasdorp se 2023-kompetisie. Danksy die harde werk van die Matriekraad en die bekwame leiding van onderwysers Anneri Slabbert en Marelise Nelson, was dit ’n spoggeleentheid om te onthou. Dié glansryke aand het vanjaar ’n splinternuwe baadjie aangetrek en gaste kon aansit by keurig gedekte tafels. ’n Baie gesellige atmosfeer het geheers en die seremoniemeesters, Caydon Abrahams en Amy Davids, het hul goed van hul taak gekwyt. Die beoordelaars moes behoorlik kopkrap om die wenners in die onderskeie kategorieë te kroon. Daar was luide applous toe Lohann Fourie en Josie Dennis as Mnr. en Mej. HSB gekroon is.


Hoërskool Bredasdorp kroon die mooistes

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article