Die span van Save a Fishie wat onlangs by Grotto-strand vullis opgetel het.


Inwoners wat gereeld op Grotto-strand stap, was Vrydag 14 Julie baie verbaas toe hulle ’n groep mense daar gesien het wat vullis op die strand opgetel het.

Binne ’n japtrap het die inwoners ook ’n handjie bygesit om vullis op die strand op te tel. Die inisiatief #Coast2CoastwithSaveaFishie is deel van Save a Fishie se projek, waar hulle meer as 100 strande in 60 dae wil skoonmaak. Die stigter van die Save a Fishie-organisasie is die 20-jarige Zoë Prinsloo van Kaapstad. Dié merkwaardige jong vrou en omgewingsaktivis het al van die jong ouderdom van 10 begin om strande oor Suid-Afrika heen skoon te maak. Die projek #Coast2CoastwithSaveaFishie het op 20 Mei begin en hulle het daagliks strande tot in Port Nolloth en selfs die strande van die Oos-Kaap skoongemaak.

Vir nog inligting oor die Save a Fishie-organisasie besoek hul webwerf https://saveafishie.co.za/.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article